George Takei

George Takei (gebore 20 April 1937) is 'n Amerikaanse akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Star Trek II: The Wrath of Khan (1982), Star Trek III: The Search for Spock (1984), en Star Trek VI: The Undiscovered Country (1991), en in die televisiereeks Star Trek (1966). Gedurende die Tweede Wêreldoorlog is die destyds vyfjarige George Takei, ondanks die feit dat hy 'n boorling van Los Angeles met Amerikaanse burgerskap was, saam met sy familie in 'n interneringskamp aangehou net omdat hulle van Japannese afkoms was.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy